Die Noordwes-Universiteit (NWU) waardeer die noodsaaklike werk van niewinsgewende organisasies (NWO’s) en die impak wat hulle op die verskaffing van ondersteuning aan omliggende gemeenskappe het. Die universiteit nooi al sy bestaande gemeenskapsvennote asook alle ander plaaslike NWO’s – insluitende skole, geloofsgebaseerde en plaaslikeregeringsorganisasies – uit om vir die Gemeenskapsbelanghebberforum se vergadering te registreer.

Die doel van hierdie opwindende nuwe forum is om deur ’n netwerk van kundigheid en gesamentlike gemeenskapsbetrokkenheid kapasiteit in gemeenskappe te bou. “Ons doelwit is om nou met NWO’s saam te werk om te help om hulle kennis- en diensbehoeftes te identifiseer. Die NWU wil hulle werk ondersteun deur vaardighede en mensehulpbronne te deel wat by die universiteit beskikbaar is,” sê Bibi Bouwman, direkteur vir Volhoubaarheid en Gemeenskapsimpak.

Volgens Bibi sal die forum benut word as ’n toegangspunt vir studente wat hulle diensleer moet voltooi om na NWO’s uit te reik en by gemeenskappe betrokke te raak.

Dit is ’n uitstekende geleentheid vir alle gemeenskapsvennote, en ons nooi hulle om te registreer om deel van hierdie dinamiese netwerk te word. Hierdie forum is oop vir enigeen wat regoor die NWU se drie kampusse by gemeenskapsopheffing en projekte betrokke is. Om deel van hierdie netwerk te word, registreer bloot deur die skakel te gebruik wat op die NWU se webwerf verskaf sal word. Gebruik die volgende skakel om te antwoord of julle die vergadering sal bywoon: https://forms.gle/CfbhATuPo2t4egcv8

Sluitingsdatum vir registrasie: 30 Junie 2023

Geregistreerde deelnemers sal ná die sluitingsdatum vir registrasie inligting ontvang oor die lokale op al die kampusse waar dit gaan plaasvind.

Die vergadering vir geregistreerde organisasies sal op 19 Julie 2023 in Vanderbijlpark plaasvind, op 20 Julie 2023 in Potchefstroom, en op 21 Julie 2023 in Mahikeng (van 10:30 tot 12:30 op al die kampusse). Verteenwoordigers van gemeenskapsvennote wat nie in persoon daar kan wees nie, kan virtueel deur die TEAMS-skakel hieronder inskakel:

19 Julie 2023

10:30 – 12:30 Vanderbijlpark

Vergaderings-ID: 370 722 902 582 Toegangskode: KZCzuH

 

20 Julie 2023

10:30 – 12:30 Potchefstroom

Vergaderings-ID: 365 840 467 632 Toegangskode: BZwx9h

 

21 Julie 2023

10:30 – 12:30 Mahikeng

Vergaderings-ID: 323 453 728 482 Toeganskode: gCzs8g

 

Vir meer inligting, skakel Tumelo Legae by 018 285 25 98 of stuur ’n e-pos aan tumelo.legae@nwu.ac.za, of kontak vir Bibi Bouwman by bibi.bouwman@nwu.ac.za.

Creative Commons License
This work is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 International License.